Family friendly

Koffie met Katryn: Huiskuier

Sat Dec 4, 11:00 - Sat Dec 4, 14:00

Katryn se huis

ABOUT

Kom ons sluit die jaar af met 'n kuier by my huis!


Dis geen geheim dat die afgelope twee jaar 'n uitdaging en half was nie. Die mat is onder ons voete uitgeruk, daar was vrees, verlies, seer, en onsekerheid. Ons was gedwing om te probeer aanpas en daarby saam al die balle in die lug hou.

Dit was met tye moeilik, ander tye byna onmoontlik. Maar sit ons in die pylvak van 2021 - moeg, maar dankbaar dat ons hier is.


Ek wil die tyd neem om hierdie jaar af te sluit op 'n hoogtepunt. En hoekom nie dit weer by my huis doen nie, hier waas Koffie Met Katryn begin het nie? Die van julle wat my volg op sosiale media, sal weet ons het onlangs baie mooi-maak-projekte hier by die huis aangepak en ek dink dit sal so lekker wees om die nuwe spasie met julle in persoon te deel.


Die dag is 'n informele kuier tussen vroue en vriendinne. Ek gaan 'n kort geselsie maak, en ons het 'n gasspreker wat ook gaan praat. Ronel Viljoen van Decorous Decor was die brein en kreatiwiteit agter die oordoen van ons huis, en sy gaan kom gesels oor die nuutste dekor "trends" en wys hoe jy, op 'n begroting, jou huis kan mooimaak vir die Kersseisoen.


Daar gaan lekker eet- en drinkgoed wees en elkeen van julle kry ook 'n geskenksakkie as 'n bederf.


Wanneer: Saterdag 4 Desember

Tyd: 11:00 - 14:00

Waar: By my huis (die presiese adres sal ek stuur sodra jy jou kaartjie gekoop het)


Ek sien uit om saam te kuier!


xxx


Katryn