Family friendly

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2022 – Reitz

Mon Mar 7, 08:00 - Tue Mar 8, 15:00

Reitz-skouterrein

ABOUT



LEES NOU AL EN STOOR DIE PROGRAMBOEKIE. KLIK HIER.



TROEF HOË INSETKOSTE OP DIE NATUUR SE MANIER


Is dit moontlik om die natuur in te span om goedkoper en winsgewender te boer, en kan dit ’n bietjie van die stres van kapitaalintensiewe boerdery verlig? Kom kry

antwoorde op hierdie vrae by Landbouweekblad se drie herlewingslandboukonferensies.


Dit was een van die grootste onlangse skokke vir die landbou: Die onverwagse en skerp styging in die koste van produksie-insette, met die pryse van alles van kunsmis tot gewasbeskermingsprodukte wat met dubbelsyfers geklim het. Skielik het boerdery soveel duurder geword, en die risiko het aansienlik gestyg omdat boere noodgedwonge hoër opbrengste moes najaag. Vandag is die kollig op maniere om duur insette die hoof te bied. Een van die vrae wat landboukenners hulself gereeld afvra, is of die natuur van die dienste kan lewer wat ons gewoonlik in ’n sak koop. By Landbouweekblad se drie herlewingslandboukonferensies kan boere kom kers opsteek by internasionale sprekers, by ander boere leer wat elke dag suksesvol herlewingslandboupraktyke toepas, en meer uitvind oor jongste navorsing oor dié opwindende veld. Hulle kan ook uitsien na boereproewe, praktiese demonstrasies van ultrahoëdigtheidsbeweiding en saam met kenners in die veld stap (Reitz-konferensie).

Dié konferensies is ’n moet vir enige boer wat goedkoper, winsgewender en lekkerder wil boer.


Sprekers sluit in:


Dr. Ademir Calegari – Internasionale sukses in 47 lande met dekgewasse en vee


Pablo Etcheberry – BOEREPERSPEKTIEF: My sukses met dekgewasse en ultrahoëdrukbeweiding


Prof. Johnnie van den Berg – Klimaats-verandering: Kyk anders na jou insekte


Mary Maluleke – Watter stelsel is die goedkoopste? ’n In-diepte rand-en-sentvergelyking van verskillende gewas- en veestelsels in somerreëngebiede


Adrian Bignell – BOEREPERSPEKTIEF: Zambiese sukses met dekgewasse en ultrahoëdrukbeweiding


Danie Slabbert – BOEREPERSPEKTIEF: My sukses met dekgewasse en ultrahoëdrukbeweiding


Frits van Oudtshoorn – Die geweldige impak van ultrahoëdrukbeweiding op Vanrooyenswoning, Reitz


Thomas Strydom – Optimaliseer bemesting só sonder opbrengsverliese


Ané Loggenberg van Inteligro – Aalwurm: Vriend of vyand? Navorsing op Vanrooyenswoning, Reitz


PLAASBESOEKPUNTE


Vee: Die verskil wat ultrahoëdruk-beweiding maak – ’n veldstap saam met Frits van Oudtshoorn; Danie Slabbert demonstreer ultrahoë-digtheidskuiwe; DF Fyfer gesels oor hoe ’n funksionele veldbees lyk. Gewasse: 14 seisoene in ’n geenbewerkings- kommersiële mielieland: Driejaarrotasie – dr. Ademir Calegari; Geenkunsmisproewe met Adrian Bignell


Boeregesprek: Internasionale en plaaslike bewaringsboere gesels – gefasiliteer deur Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad


***


Peter van Kets nou ook by Reitz-konferensie


Kom word geïnspireer deur die BEROEPSAVONTURIER en MOTIVERINGSPREKER Peter van Kets. Hy ken van vasbyt en om selfs in die moeilikste omstandighede deur te druk! Sy lewenslesse gaan jou help om meer gefokus en veerkragtig te wees.





***


Koste R1200 per persoon vir albei dae. Bespreek vroeg en betaal R1000. Alle etes ingesluit.

Aanlyn: R500 

Koop nóú jou kaartjie en ontvang ’n gratis intekening van DRIE maande op Landbou.com! Kom ontdek ’n wêreld van landboukennis!


***


Jou veiligheid is vir ons baie belangrik. In ooreenstemming met Media24 se korporatiewe beleid moet persone wat die konferensie bywoon wat nie ingeënt is nie ’n negatiewe Covid-19-toets (nie ouer as 72 uur nie) verskaf. Bring asb. ’n bewys hiervan saam. Daar sal ook mediese personeel by die konferensie wees wat teen R250 ’n Covid-19-blitstoets (antigeentoets) kan doen.


DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2022 – Reitz
Reitz-skouterrein
Sarel Cilliers St, Reitz, 9810, South Africa
Get Directions