Family friendly

CONTAINERBAR WINTERFEES

Thu Jun 2, 11:30 - Sun Jun 5, 20:00

Grounded Container Bar & Cafe

ABOUT

Grounded Container Bar & Café beplan om hierdie jaar groot fees te vier saam met van ons land se gewildste kunstenaars! Die musiek-kalender gaan oor vier dae strek en sluit Afrikaans- en Engelse musikante in. 


Ons skop Donderdag, 2 Junie 2022, af met die passievolle sanger en musikant Tuin, gevolg deur die legendariese Francois van Coke! 


Op Vrydag, 3 Junie 2022, het ons vier dinamiese sangers wat die gehoor behoorlik sal vermaak… Ons verwelkom Dirk Van Der Westhuizen, Juan Boucher, Riaan Benade en Jay! 


Saterdag gaan ons ekstra groot! Swerwer, The Barbosa Experience, JP Zeelie Live, Franja du Plessis, Pietman Geldenhuys, Brendan Peyper en Elandré gaan ons met hulle vertonings bekoor, elkeen laat saamsing en die voete laat dans. 


Sondag sluit ons af met niemand anders as die talentvolle Jo Black en die geliefde Karlien van Jaarsveld! Dis mos nou die beste manier om ‘n fantastiese fees en lang week te beëindig. 


Daar sal ook ‘n wye verskeidenheid stalletjies op die feesterrein wees wat wissel van kosstalletjies, drinkgoed, juweliersware, leefstyl, kuns en nog vele meer. Boonop gaan ons hope aktiwiteite aanbied vir die kleinspan! 


Daar sal 1-dag asook naweekpas-kaartjies beskikbaar wees. Jy het dus ‘n keuse om vir 1-dag of die hele naweek by ons aan te sluit. Gelukkig het ons elke dag propvol vermaak en pret aktiwiteite vir oud en jonk. 


PROGRAM:

DONDERDAG, 2 JUNIE 2022

Hekke open 11:30.

OPTREDES:

18:30   Tuin  

20:00   Francois van Coke



VRYDAG, 3 JUNIE 2022

Hekke open 10:00

OPTREDES:

18:00   Dirk Van Der Westhuizen

19:00   Juan Boucher

20:00   Riaan Benade  

21:00   Jay



SATERDAG, 4 JUNIE 2022

Hekke open 10:00

OPTREDES:

12:00   The Barbosa Experience

12:30   Swerwer  

14:00   The Barbosa Experience

14:30   JP Zeelie Live  

16:30   The Barbosa Experience

17:00   Franja du Plessis

18:00   Pietman Geldenhuys

19:00   Brendan Peyper

20:30   Elandré


SONDAG, 5 JUNIE 2022

Hekke open 10:00

OPTREDES:

13:00   Karlien van Jaarsveld

14:00   Jo Black 


#CONTAINERBAR WINTERFEES… Moet nie die feesvieringe misloop nie!

DIRECTIONS

CONTAINERBAR WINTERFEES
Grounded Container Bar & Cafe
Plot 39 Palmietfontein, N1 North, Polokwane, 0699
Get Directions