FREE OPTIONS
Family friendly

Vivo Boerebemarkingsdag 2022

Fri Oct 14, 08:00 - Sat Oct 15, 23:00

Plaas de Ruigte (Die Drukgang)

ABOUT

BEMARK JOU BESIGHEID OP ‘N UNIEKE BOERE MANIER!


Kom maak jou merk by die Vivo Boere Bemarkingsdag wat jaarliks aangebied word ten bate van CVO Skool Vivo!

Vir 2022 beplan ons weer ‘n 2 dae lange bemarkingsgeleentheid!

 

Raak deel as een van ons BORG-UITSTALLERS en maak gebruik van hierdie unieke geleentheid om u besigheid te adverteer en verteenwoordigers te stuur om op ‘n informele wyse u besigheid aan die boere van die HELE LIMPOPO te bemark.


DIE VIVO BOERE BEMARKINGSDAG IS TANS DIE GROOTSTE LANDBOU-EKSPO IN LIMPOPO!


Aktiwiteite vir die dag sluit in bees- en kleinvee veiling, kleiduifskiet, mini-jag-ekspo, voertuigdemontrasies, gaskunstenaars, landboudemonstrasies, toutrek- en kompetisies, damesuitstallers, kindervermaak & heerlike boerekos! KOM BELEEF BOERE GASVRHYHEID OP SY BESTE!

 

Bring jou hele familie en maak dit een onvergeetlike naweek in die hartjie van die Bosveld, aan die voet van Soutpansberg.

 

Gee jou besigheid wat dit verdien!


  • Optimale uitstalruimte van JOU KEUSE!
  • Fantastiese blootstelling via sosiale media: 2021 se borge bereik tesame meer as 100 000 kykers via sosiale media. (beperkings & voorwaardes geld)
  • Duisende dagbesoekers: In 2021 was daar meer as 4000 dagbesoekers by die geleentheid gewees.
  • Gratis toegang en vermaak. (beperkings & voorwaardes geld)

 

Ons maak seker dat Boere van oor die hele LIMPOPO genooi word om die naweek saam te kom kuier! 

 

 

Moenie langer wag nie! Maak NOU gebruik van hierdie fantastiese bemarkingsgeleentheid en gee jou besigheid die blootstelling wat dit verdien!


KONTAK ONS VIR MEER INLIGTING:

E-pos: [email protected]

Whatsapp: 083 713 0204


VOLG ONS OP FACEBOOK: https://www.facebook.com/vivoboerebemarkingsdag



PAKKET OPSIES

MIKRO PAKKET @ R7 000 '

n Pakket wat deelname moontlik maak vir ondernemings met 'n beperkte uitstalbegroting, maar terselfdertyd die geleentheid bied om onbeperk 'n pasmaak uitstalgeleentheid vir jou onderneming saam te stel


Uitstalruimte:

  • 1 x Uitstalruimte van 5 x 5m - van jou keuse!


Bemarkings- en Advertensiegeleenthede:

  • GRATIS 1 x per maand media dekking via sosiale media.
  • Geleentheid om jou besigheid se banniere teen heinings van die Vivo Boerebemarkingsdag op te rig.


Uitstalbemanning:

  • GRATIS toegang vir 3 x uitstalbemanning vir die duur van die 2 dae.



STANDAARD PAKKET @ R12 000

100% meer uitstalruimte teen 14.3% RAND BESPARING! Met 'n 14.3% besparing, bied hierdie pakket, met 'n sterk bemarkingsfokus om maksimale waarde uit die ekspo te ontgin, uitstekende waarde vir geld.


Uitstalruimte:

  • 1 x Uitstalruimte van 10 x 10m - van jou keuse!


Bemarkings- en Advertensiegeleenthede:-

  • GRATIS 2 x per maand media dekking via sosiale media.-
  • Geleentheid om jou besigheid se banniere teen heinings van die Vivo Boerebemarkingsdag op te rig.
  • Deurganse onderhoude oor die verloop van die 2 dae.


Uitstalbemanning:

  • GRATIS toegang vir 6 x uitstalbemanning vir die duur van die 2 dae.



GOUE PAKKET @ R16 000

Die Goue pakket is 'n uitstalpakket perfek vir uitstallers wat meer spasie benodig met fantastiese bemarkingsgeleenthede.


Uitstalruimte:

  • 1 x Uitstalruimte van 10 x 15m- van jou keuse!


Bemarkings- en Advertensiegeleenthede:

  • GRATIS 2 x per maand media dekking via sosiale media.-
  • Geleentheid om jou besigheid se banniere teen heinings van die Vivo Boerebemarkingsdag op te rig.
  • Deurganse onderhoude oor die verloop van die 2 dae.


Uitstalbemanning:

  • GRATIS toegang vir 6 x uitstalbemanning vir die duur van die 2 dae.



PLATINUM PAKKET @ R20 000

Die Platinum pakket is 'n uitstalpakket met uitstekende bemarkingsgeleenthede wat vir die uitstaller uitgebreide blootstelling verskaf EN sluit ‘n massiewe uitstalruimte in!Die perfekte uitstalpakket vir besighede wat ernstig is om hul besigheid na die volgende vlak te neem!


Uitstalruimte:

  • 1 x Uitstalruimte van 20x 20m - van jou keuse!


Bemarkings- en Advertensiegeleenthede:

  • GRATIS 4 x per maand media dekking via sosiale media.
  • Geleentheid om jou besigheid se banniere teen heinings van die Vivo Boerebemarkingsdag op te rig.
  • Deurganse onderhoude oor die verloop van die 2 dae.- Lewendige uitsendings/videos op sosiale meida, tydens die 2 dae.


Uitstalbemanning:

  • GRATIS toegang vir 12 x uitstalbemanning vir die duur van die 2 dae.

BORG SONDER OM UIT TE STAL

BORG SONDER OM UIT TE STAL


Indien jy belangstel om as 'n borg steeds deel te wees van hierdie fantastiese bemarkingsdag, maar nie belangstel om uit te stal en/of 'n uitstalspasie te koop nie, het ons 'n plan vir jou!


Kontak ons gerus om jou borg opsies te bespreek!


E-pos: [email protected]

Whatsapp: 083 713 0204


Vriendelike boere groete!


VOLG ONS OP FACEBOOK: https://www.facebook.com/vivoboerebemarkingsdag

SPESIALE BORGE

SPESIALE BORGE

Wat behels 'n SPESIALE BORG se voordele:

·       GRATIS 4 x per maand media dekking via sosiale media.


·       Geleentheid om jou besigheid se banniere teen een van die volgende areas op te rig:

1.     Kosstalletjies

2.     360 grade kroeg

3.     Hoof tent

4.     MammaMall

5. Landbou Demonstrasie Area


Daar sal dan ook verwys word na die area as jou besigheid sin. Bv. Die _____ Hoof Tent ens.

·       Deurganse onderhoude oor die verloop van die 2 dae.

·       Lewendige uitsendings/videos op sosiale meida, tydens die 2 dae.

·       GRATIS toegang vir 12 x uitstalbemanning vir die duur van die 2 dae.

·       Geleentheid sambrele met jou borg se logo op, addsioneel te borg vir rusareas – hierdie sambrele sal jaarliks gebruik word, borg een malig gedoen, maar sambrele word jaarliks gebruik. Dus kry jou besigheid oor ‘n paar jaar blootstelling.



Indien u sou belangstel om as SPESIALE BORG betrokke te raak en die bemarkings voordele geniet van hierdie borg kategorie, maar nie belangstel om tydens die 2 dae 'n fisiese uitstalling te hê nie, kontak ons gerus!


E-pos: [email protected]

Whatsapp: 083 713 0204

MAMMAMALL UITSTALLERS

Baie dankie dat jy belangstel om uit te stal by die 2022 VIVO BOEREBEMARKINGSDAG se MammaMall!


Hierdie inligting is spesifiek vir uitstallers wat in die MammaMall gaan uitstal.


DATUM:14 & 15 Oktober 2022


Wat soek ons?

Die MammaMall sluit in 2 soorte uitstallers:


  • Snuffelmark Uitstallers:

Spesiaal vir uitstallers met kreatiewe, selfvervaardigde, handgemaakte produkte. (Nie vir “Sjinese” vlooimark items nie.) Slegs handgemaakte produkte, asook klere (dit sluit leer handsakke en vellies in), juwele of kuns.


  • Plaas-proe produkte:

Landbou produsente of handgemaakte vars of verwerkte (bv. vleis, suiwel, groente, konfyte, souse, brode, fyngebak en alkoholiese produkte – soos bv. Gin) produkte. GEEN wegneemetes of wegneemdrankies nie.


Kostes:

R750 vir 2dae se uitstalling

(LET WEL: uitstallers MOET beide dae uitstal, uitstalling word opgerig op DONDERDAG 13 OKTOBER en afgeslaan SONDAG 16 OKTOBER - GEEN uitstaller sal toegelaat word om laat op te slaan of vroeg af te slaan nie.)


Wat verskaf ons vir ons uitstallers:

  1. Tent (alle uitstallers sal onder 'n groot tent gehuisves word)
  2. Uitstalspasie van 3 x 3m vir R750



Wat moet uitstallers voorsien:

  • Eie tafels / uitstal benodighede soos rakke ens.
  • Eie bemanning ens.
  • Eie kaartmasjiene (indien uitstallers nie met kontant werk nie - daar gaan OTM masjiene op die terrein beskikbaar wees)
  • Eie produkte en verpakking vir kliënte.


Indien jy belangstel volg hierdie skakel en voltooi die aansoekvorm:

https://forms.gle/VhXNrgpo2HVs6U4Y6


Of kontak ons gerus indien jy verdere inligting benodig!

Madelene Otto: 082 411 8213


Vriendelike groete


VOLG ONS OP FACEBOOK:

https://www.facebook.com/vivoboerebemarkingsdag


FOTO'S

PROGRAM 2022

DIRECTIONS

Vivo Boerebemarkingsdag 2022
Plaas de Ruigte (Die Drukgang)
X77P+82 Vivo, South Africa
Get Directions