Landbouweekblad: Victoria-Wes velddag

Wed Jun 8, 09:00 - Wed Jun 8, 16:00

Genadeland-opleidingsentrum

ABOUT

Landbouweekblad hou ‘n velddag op Victoria-Wes, Woensdag, 8 Junie 2022

Landbouweekblad loop die pad saam met boere in die ekstensiewe weistreke van Suid-Afrika. Die velddag op Victoria-Wes is daarop gemik om boere te help om van die droogte te herstel en hul boerdery se herstelvermoë en veerkragtigheid deur kennis te versterk.

Volgehoue veldherstel, die bestuur van weiding, hoe veld oor die langtermyn op weiding deur vee reageer en reënvalpatrone bly aktuele sake vir elke boer. By hierdie velddag kom die kwessie van sprinkane by.

Die sprekers en onderwerpe is die volgende:

·       Mr Hannes Gerber, navorsingsbestuurder by die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsbewaring, grondhervorming en landelike ontwikkeling – Die rol van verwysingsplase in plantegroei-monitering en vroeë waarskuwing teen droogtes.

·       Mr Christiaan Harmse, navorser by die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling – Die impak van veedigtheid op plantegroei en diereproduksie in die Bo-Karoo – Lesse uit monitering oor 32 jaar.

·       Dr Loraine van den Berg, wetenskaplike by Grootfontein landbou-ontwikkelingsinstituut – Planne en riglyne vir goeie veldbestuur.

·       Dr. Igshaan Samuels, veldekoloog, Landbounavorsingsraad en koördineerder van die navorsingswerkgroep oor sprinkane – Sprinkane en weiveld: Wat weet ons en wat moet ons nog leer?

·       Praktiese sessie in die veld gelei deur dr. Loraine van den Berg:  So beoordeel jy die toestand van jou veld

DIRECTIONS

Landbouweekblad: Victoria-Wes velddag
Genadeland-opleidingsentrum
J33J+94 Victoria West, South Africa
Get Directions