Inspirasie-etes saam met SARIE 2022

Fri Aug 19, 19:00 - Sun Aug 21, 19:00

Warm Karoo

ABOUT

*VRYDAG- EN SATERDAGAAND IS REEDS UITVERKOOP*


SARIE kom kuier! 3 dae, 3 geleenthede in Bloemfontein.


Kom ontmoet SARIE-redakteur, Michélle van Breda, en geniet die kos van SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, wat spesiaal vir elke geleentheid kook.


SARIE se Inspirasie-etes is al landwyd bekend. Só suksesvol was die eerstes om SARIE se 70ste verjaardag te vier, dat ons dit weer, en weer moes doen. Ook SARIE se Kersetes is nou ’n instelling op die Kaapse kalender.


Nou is dit jóú beurt om geïnspireer te word. Bring jou familie, nooi jou vriende en maak jou reg vir ’n vyfster-ervaring met ’n vyfgang-spyskaart soos net Herman dit kan voorsit.


Tye het dalk verander, maar niks klop die bederf van goeie kos en samesyn om die tafel nie. Al wat jy moet doen, is om jou kaartjie te koop en jou stoel onder die tafel in te skuif. SARIE en Herman doen die res. Boonop is die onthaalplek Warm Karoo gemaak vir saamkuier, en met Cap Classique van die Robertson Wynmakery in jou glas, kan dit net ’n aand wees om te onthou! Sparta Beef verskaf net die beste snit vir die hoofgereg. Dutoits Appels voer iets soets in die mou en African Extracts Rooibos verleen ‘n plaaslike geur aan die aand. Dit, en nog meer, voorgesit met die varste bestandele van Checkers.

 


TAFELS

Jou bespreking bepaal die grootte van jou tafel. Ons vra dus dat jy vir al jou gaste op een slag betaal, sodat ons weet hoeveel mense aan jou tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek word.


INGESLUIT

Die prys sluit drankies, ’n vyfgang-feesmaal en al Herman se resepte vir dié heerlike ete in. Jy gaan ook huis toe met ’n geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE.

 

DATUMS

Vrydag 19 Augustus 19:00

Saterdag 20 Augustus 18:00

Sondag 21 Augustus 13:00


PLEK

Warm Karoo, Du Preez-laan 16, Spitskop, Bloemfontein


KAARTJIES

R590 per persoon, alles ingesluit

Beskikbaar by Quicket.co.za


ALLE DIEETVOORKEURE MOET TEEN 12 AUGUSTUS GEKOMMUNIKEER WORD


* Vir navrae, kontak [email protected]


//


*We are committed to protecting your right to privacy, please visit our Privacy Portal on https://www.media24.com/group-privacy-portal/ for more details on how Media 24 processes your personal information in accordance of the Protection of Personal Information Act 4 of 2013

DIRECTIONS

Inspirasie-etes saam met SARIE 2022
Warm Karoo
16 Du Preez St, Spitskop Small Holdings, Bloemfontein, 9301
Get Directions