Jan Blohm & Ryno Velvet live by Kapstadt Brauhaus Langebaan

Thu Aug 25, 19:30 - Thu Aug 25, 20:45

Kapstadt Brauhaus Langebaan

ABOUT

Wanneer twee uiters begaafde musikante en liedjieskrywers kragte saamspan om ’n nuwe liedjie én musiekprojek

van stapel te stuur, kan jy maar weet dat die eindresultaat ’n reusesukses gaan wees... en nog soveel te meer as dit

Jan Blohm en Ryno Velvet is!


TUSSEN DIE LYNE, ’n eerste vir Velvetblohm en deel van hulle opkomende album, is ’n besonderse snit wat jou

aandag hou totdat die laaste noot wegsterf.


Dié ligte rockballade, ’n gesamentlike poging deur Blohm en Velvet wat deur Tertius Human vervaardig is, gaan oor

die laaste sentiment wat gedeel word tussen twee geliefdes, maar nie altyd noodwendig oorgedra word nie.

“Ons het gevoel dat elke warmbloedige persoon met die ervaring wat deur dié afskeidsballade getoonset word sal

kan vereenselwig. Dit gaan daaroor om te erken dat ons almal soms kwesbaar en weerloos is. In hierdie geval wil ons

protagonis subjektief bly (of so voorkom) deur net die beste aan sy beminde toe te wens,” verduidelik Ryno. “TUSSEN

DIE LYNE was die vertrekpunt vir Velvetblohm. Wat oorspronklik net ’n enkele optrede sou wees, het ontaard in ’n

projek met baie vertakkings en nou is daar ook ’n album op pad.”


Alhoewel Blohm en Velvet reeds in 2006 en 2009 saam getoer het, het die idee vir ’n amptelike Velvetblohm-

produksie eers aan die einde van 2021 posgevat toe hulle weer besluit het om saam op te tree. Wat begin het as ’n

manier om hulle grootste treffers op ’n besonderse manier met bewonderaars te deel, het saam met Kobie Koen van

Vonk Musiek ontwikkel tot ’n geleentheid om nuwe materiaal op te neem en vry te stel.


Albei kunstenaars is baie opgewonde oor die geleentheid om hierdie opwindende reis saam aan te pak. “Ryno is een

van my gunsteling-sangers in Suid-Afrika. Ek geniet dit om saam met hom te werk en bewonder die kalmte waarmee

hy projekte benader,” sê Jan.

Ryno voeg by: “Dit is ’n ongelooflike ervaring om saam met Jan te kan skryf en opneem. Hy het die vaardigheid om ’n

projek te bestuur sodat almal welkom en gemaklik voel en om hom te sien werk is werklik iets om te aanskou.”

DIRECTIONS

Jan Blohm & Ryno Velvet live by Kapstadt Brauhaus Langebaan
Kapstadt Brauhaus Langebaan
1 Mykonos Access Rd, Mykonos, Langebaan, 7357
Get Directions