FREE OPTIONS
Family friendly

ARISTEA - HARCOURTS "TEAM LANCE" KUIERFEES

Sat Nov 5, 11:00 - Sat Nov 5, 23:00

Laerskool Aristea

ABOUT

Die Laerskool Aristea se eerste - gesinsvriendelike Afrikaanse buitelugmusiekfees is hier. Die Aristea – Harcourts "team Lance" kuierfees!


Met geliefde Afrikaanse musieksterre soos Andriette, Jan Rhaap, Desmond Wells, Lianie May, Viljoen Retief en Quinten Prinsloo gaan dit beslis ‘n kuierfees wees om te onthou!


Die kuierfees vind Saterdagmiddag 5 November 2022 plaas. Kaartjies vir volwassenes kos slegs R150 per persoon en is nou te koop. Kinders onder 12 jaar is slegs R75.00 en onder 2 jaar gratis. Kaartjies is beskikbaar op Quicket - Book tickets for ARISTEA - HARCOURTS KUIERFEES (quicket.co.za)


Laerskool Aristea, die tuiste van die splinternuwe kuierfees, en bied die volgende:







  • Afrikaanse musieksterre met diverse musiek genres vir oud en jonk.
  • Uitgestrekte lowergroen grasperke. Perfek vir gesinsvriendelike piekniek - onthou jou kombers.
  • ‘n Speelarea maak die geleentheid nou selfs méér geskik vir gesinne wat graag ’n middag in die buitelug wil geniet met springkastele en gesigverf om maar ‘n paar te noem.
  • Die SPRINGBOKKE speel teen Ierland waar die kuierfees ‘n unieke baadjie sal aantrek. Die wedstryd sal lewendig uitgesaai word op twee groot skerms.
  • ‘n Buitelug Wimpy restaurant en ‘n volle toegeruste kontantkroeg is beskikbaar.
  • Beperkte parkering is op die perseel beskikbaar.


Hekke open om 11:30 en die vertonings begin om 12:30. Geen kos of drank word toegelaat nie. Gaste is welkom om piekniek vriendelike toebehore saam te bring om die fees terdeë te geniet.


Laerskool Aristea is geleë in Brightonweg, Kraaifontein.


Die kuierfees word aangebied deur Laerskool Aristea, met die ondersteuning van Harcourts “TEAM LANCE” en Wimpy “Cape Gate en Tygervalley”.


Kry ál die jongste nuus by @kuierfees op Instagram en Facebook.

DIRECTIONS

ARISTEA - HARCOURTS "TEAM LANCE" KUIERFEES
Laerskool Aristea
Brighton Rd, Windsor Park Estate, Cape Town, 7572
Get Directions