Lily & Luna

Sat Feb 11, 10:00 - Sat Feb 11, 11:30

Willowbridge Mall, 1st Floor

ABOUT

Lily & Luna - die Prinsesse van Lig - is terug met 'n splinternuwe vertoning wat jou weer gaan laat skaterlag en op jou voete bring van lekkerte!


Die skool hou konsert en Lily & Luna kan nie wag om met hulle nuwe danspassies te spog nie. Maar arme Luna se groot voete is alweer in die pad en dreig om al haar drome te vernietig. Dan is daar nog boelies by die oudisies wat haar hartjie nog verder seermaak, maar Lily staan reg om vinnig met hulle af te reken. Gaan Lily die boelies beetkry of gaan die Heilige Gees vir hulle kom leer hoe om 'n lig in die wêreld te wees?


Bederf jou dogtertjie met 'n oggend van opbouende musiek, prettige danspassies en 'n inspirerende storie oor God wat elke kind uniek en met soveel liefde skape.


Wanneer: 11 Februarie 2023, Saterdag

Waar: Willowbridge Winkelsentrum, 1ste Vloer

Tyd: 10h00

Kaartjies: R120.00 p.p.


CD's, DVD's, handelsware en versnapperinge sal te koop wees, so bring gerus 'n sakgeldjie saam!




ATER

DIRECTIONS

Lily & Luna
Willowbridge Mall, 1st Floor
39 Carl Cronje Dr, Bellville, Cape Town, 7530
Get Directions