Christia Visser : Sat, 11 Februarie : Blohmhuis Teater, Strand

Sat Feb 11, 18:30 - Sat Feb 11, 22:30

Blohmhuis Teater

ABOUT

Kom deel 'n intieme vertoning, en eksklusief vir slegs 60 gaste, saam met Christia Visser op Saterdag, 11 Februarie 2023


R220 per persoon

Jy kan vir R150 'n glas wyn en 'n canapé platter by bestel,

Kroeg (Kontant/kaartmesjien) vars gebakte koeke en ander gebakte geregte is ook te koop beskikbaar.


Deure open 18h30

Vertoning begin 20h00


ACE, KING, QUEEN, JACK, 10, wat kan ek verloor?

2020 was beslis ‘n jaar wat Christia Visser vir lank sal onthou te danke aan die twee Goue Toekennings vir haar debuut-enkelsnit ‘17 Shots’ en kort daarna vir ‘Die Deur’ met ‘n SAMA Nominasie vir Beste Pop Album Van Die Jaar vir album ‘Gemaklik Verlore’.

Die geliefde aktrise (en nou ook popster) se enkelsnit “Beste Leuen Wen’ wys dat sy nog baie kaarte het om te speel. Sy bring ‘n kragtige pop-treffer met ‘n energieke produksie, eerlike lirieke, ‘n treffende melodie - om nie eers om te praat van haar unieke stem nie. ‘Beste Leuen Wen’ sal aanklank vind by haar aanhangers wat al in verhoudings geworstel het met klippe in die pad van geluk. Die liedjie gebruik Poker as ‘n metafoor met raad oor wanneer om jou hand te speel.


Adres:

36 Michau Street, Stand, Cape Town


Enige verdere navrae, kontak Mari [email protected] of op 0718722713

DIRECTIONS

Christia Visser : Sat, 11 Februarie : Blohmhuis Teater, Strand
Blohmhuis Teater
36 Michau St, Van Ryneveld, Cape Town, 7139
Get Directions