Family friendly

Mandjie Dans - Boere Styl

Fri Mar 24, 19:00 - Fri Mar 24, 23:00

Pabala Private Nature Reserve

ABOUT

Ons vat dit terug na die "Goeie Ou Dae"


Ek onthou toe ek klein was, hoe my ma en pa gedans en gekuier het terwyl ek buite baljaar! 

Wanneer ek uiteindelik moeg begin word, het ek stilletjies, skrefie-ogies na hulle gekyk en kon hul liefde vir mekaar sien straal! Dan het ek sommer in 'n bondeltjie onder die tafel aan die slaap geraak! Moeg maar gelukkig! 


Dit is hierdie gelukkige herrinnering wat ons laat besluit het om "Mandjie Dans" te begin.


Teken dit sommer nou al aan in die familie jaar beplanner - laaste Vrydag van elke maand. Elke maand sal die venue en tema verander. So maak seker dat jy DOT Linde Events se Facebook of Instagram bladsy dophou.


En so skop ons die tweede dans af!


Tema: Boere Styl

Koste: R120 pp | R60 kinders onder 14

Venue: Pabala Private Nature Reserve, Hankey


**Bring jou mandjie vol lekker happies en koop vir jou 'n drankie by die kontant kroeg.


Jonk en oud, single, single of getroud, familie & vriende - ALMAL IS WELKOM!

DIRECTIONS

Mandjie Dans - Boere Styl
Pabala Private Nature Reserve
Portion 34 of the Farm Kleinfontein 172, Humansdorp Road, Hankey, 6370
Get Directions