Family friendly

Joshua Na Die Reën - Die Vallei

Mon Sep 18, 19:30 - Mon Sep 18, 21:30

Stellenbosch Stadsaal

ABOUT

Die Vallei – Album-vrystelling


Kom voel hierdie oomblik saam met my…ons staan en kyk uit oor die Vallei, dis die begin van ons staproete. Dit het baie gevat om hier te kom, niemand weet beter as jyself nie. Die afgelope tyd was daar iets binne jou wat jou saggies maar dringend geroep het om uiteindelik hier te staan, weg van die samelewing, weg van dit wat jou kop besig hou elke dag.


Jy weet hoe min jy jouself toelaat om dit te ervaar, en nou is jy hier. Ek kyk in jou rigting, dis tyd om te begin. Ons stap saam af teen die hang van die berg. Ek ervaar hoe jou gemoed ligter raak, daar is niks soos die skoon lug en onbelemmerde gevoel in die atmosfeer van hierdie oomblik nie, die wind deur jou hare, die voëltjies en insekte, die stroom onder in die Vallei.


Daar is soveel hier om te vind. Raak mens net eendag wakker en weet, dit wat jy jou al jare lank aan meet is jy eweskielik bereid om op te gee, en te vloei in riviere? Die vryheid van hierdie gedagte groei soos vlerke uit jou rug en op een of ander manier voel dit of jy saam met die arende deur die lugstrome in die Vallei sweef.

Jy wil vir altyd net hier wees, jy wil leef, jy wil jaarringe in oorvloed agterlos. Jy wil in die oggend met die son wakker word, kruisbeen onder die seders op die oewer sit en net asem haal en die lewe inneem. Vir te lank was die normaal om nie te voel nie, om nie deel te voel van dit wat die Groot Gees van die Hemel en aarde vir ons gegee het nie. Jy raak stil, want jy weet nou dat dit maar nog altyd hier is vir jou, ‘n gedagte weg.


Geskryf deur Jacques De Villiers, vervaardig deur Gideon Botes.


Kom beleef die nuwe Joshua na die Reën Album lewendig vir die eerste keer in die Kaap op 18 September.

Musikante wat die aand gaan deel gaan wees van die produksie is ‘n verrassing omdat dit die 10 jaar viering sedert JNDR se eerste album is. Maar die Musikante wat julle wel solank kan verwag is:


Raziela Grey – Viool

Heini Berner – Kitaar

Gerhard Bieneldell – Baskitaar

Andy Maritz – Dromme


Ek sien baie uit na die mooi ervaring saam met julle.

DIRECTIONS

Joshua Na Die Reën - Die Vallei
Stellenbosch Stadsaal
26 Andringa St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions