No under 13s

Hans Gee Herklaas Horings - Spesiale Voorskou! (Centurion Teater)

Fri Jun 23, 15:00 - Fri Jun 23, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Eers was daar Hans steek die Rubicon oor wat gehore reg oor die land laat skaterlag het en orals voor uitverkoopte gehore gespeel het.


Nou kry die Centurion Teater gehore die spesiale en unieke kans om vir die eerste keer die tweede toneelstuk oor die wel en wee van Hans te ervaar as 'n eksklusiewe VOORSKOU! Moet dit nie misloop nie! Slegs 2 vertonings voor die vertrek om by INNIBOS te debuteer!


Hans, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie, is die oplosser van al hulle klagtes. As beheerraadlid is hy verantwoordelik om alle klein probleempies op te los – met gans te min geld in die kitty. As Fasie hom dus nooi vir ? vakansietjie op Hermanus, is Hans maar te gretig om sy Safari-pakke te pak. Daar kom hy in aanraking met Grond Graaffwater (Overstrand se rykste skobbejak) wat sy enorme hotel op Herklaas se grond wil bou. Hans gee Herklaas horings ? topverkoper-boek uit die pen van Rudie van Rensburg beloof om teatergangers te laat kraai van die lag.


Aangebied deur LEFTFOOT Produksies en ondersteun deur INNIBOS Kunstefees.


Met Charlie Bouguenon

Teks: Rudie van Rensburg

Verwerking: Braam van der Vyver

Regie: Tobie Cronjé


Tydsduur: 80 min

DIRECTIONS

Hans Gee Herklaas Horings - Spesiale Voorskou! (Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions