Family friendly

Joshua na die Reën en bietjie Kuns

Sat Jul 1, 15:30 - Sat Jul 1, 20:00

epicARTS Studio

ABOUT

'n Laat middag piekniek saam vriende, familie, kuns en koffie terwyl Joshua na die Reën in 'n intieme vertoning vir slegs 70 mense sy Pretoria Huiskonsert vertonings afsluit voor sy splinternuwe album 'Die Vallei' in die Lente vrygestel word.


Dian Louw (@epicARTS), die eerste wenner van kykNET se werklikheidsreeks 'Plaasjapie' sal ook 'n kunsuitstalling op die perseel hou in sy spliternuwe epicARTS Studio. Hy vat dan ook hande met kunstenaars Danelle van Zyl (@danzylcreations) en Chané Coetzee (@akkerblaar.art) om die mure na die MO'BA koffiekarretjie bietjie kleur te gee (alle kuns sal te koop wees- maar om dit te geniet is gratis).


Bring 'n kampstoel saam of net 'n lekker warm kombers om te sien hoe die dag in die nag vergaan terwyl Joshua na die Reën vir 90minute ons harte warm sing.


Die vertoning begin om 16h30, maar die hekke maak alreeds om 15h30 oop, so pak 'n piekniek-mandjie en kom geniet hierdie aand saam jou geliefdes!


DIRECTIONS

Joshua na die Reën en bietjie Kuns
epicARTS Studio
314 Sandalwood Dr, Newlands, Pretoria, 0049
Get Directions