Family friendly

Syngenta Boerekos Landbou Plaaskombuis

Mon May 13, 08:00 - Fri May 17, 17:00

Nampo Bothaville

ABOUT

Maak gereed vir ’n eetervaring soos min! Sit vanjaar aan vir restaurantkos – teen ’n fraksie van die prys – ontwikkel deur Arina du Plessis, Boerekos-redakteur, en gemaak deur ’n bekwame span van die The Roots Academy-sjefakademie in Potchefstroom. 


Van varsgebakte platbrode gevul met gepluiste beesvleis, slaai-salsa en suurroom tot smulsagte sosaties op Vrystaatkrummelpap, en mondwaterlekker varkvleisnacho’s propvol lekkerte van 5 uitgesoekte kosvennote word elke dag in ’n ontwerperskombuis berei en vars voorgesit.


By die Syngenta Boerekos Plaaskombuis sal jy ’n spyskaart kwaliteitgeregte kry wat sinoniem is met die bekroonde tydskrif Boerekos, verkry van topgehalte vleis- en groenteverskaffers. Jou plek is bespreek by óf ’n langtafel met ’n plaasatmosfeer óf jy kan dit in gerieflike pakkies as wegneemkos geniet. En vroegoggend  sal jy die beste koffie-en-beskuit hier kan kry. 


’n Ete kos net R100.


Waar?

In die ou Six Gun-saal aan die suidwestekant van die Nampoterrein. ’n Argiteksruimte met aansittafels binne en buite het plek vir 150 mense.


Les jou dors  met nie-alkoholiese gin en ontwerpersbier tot verfrissende rooibos-ysteemengeldrankies en die beste koffie denkbaar. 



DIRECTIONS

Syngenta Boerekos Landbou Plaaskombuis
Nampo Bothaville
R30, Bothaville, 9660
Get Directions