No under 16s

Mel die Storieverteller - Dik deurmekaar

Fri Apr 12, 18:30 - Fri Apr 12, 20:30

NG Kerksaal

ABOUT

MET Mel die Storieverteller


Mel die Storieverteller is waarskynlik een van die grootste deurbraak-komediante van 2023. Van internetsensasie tot verhoogsensasie verras sy gehore en laat hulle lê van die lag. Dik deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die grense tussen stand-up en ’n verhalende eenvrouvertoning laat vervaag. Sy gesels en vertel van die eerste keer toe sy die sensasie van deurmekaargeit ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare toe maar begin vrede maak het met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, ’n hengse deurmekaarspul is.

Mel lewer ook haar komiese opinie oor die onverstaanbare obsessie met visvang en ander mense se seksuele oriëntasie en deel snaakse waarnemings van 'straight couples', die landslied, slimfone en 'fancy' karre.


Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis 'n sagter hou verbloem in intresante staaltjies en onverwagse kwinkslae. Dik Deurmekaar ontroer 'n spesiale nostalgiese gevoel waarby almal kan aanklank vind.


Haar unieke manier van dinge raakvat en saamvat en uitbeeld maak dat gehore die hele 60-minute aand haar lippe hang. Maar Mel belowe nie dat die vertoning volgens plan gaan verloop nie, want soms is die lekkerste deel van die vertoning om bietjie gek te skeer met gehoorlede en dan duik daar nuwe grappies op so tussendeur die stories - dus moet jy met omsigtigheid jou kaartjies bespreek.


Ouderdomsbeperking - geen o16's

Vertoning duur: 60-70 min ( geen pouse)

Styl: Komiese Storievertelstyl


Mel se 'merchandise' sal na haar vertoning verkoop word.

Na die vertoning is daar 'n fotohoekie om saam met Mel 'n foto te neem indien jy sou wou.


DIRECTIONS

Mel die Storieverteller - Dik deurmekaar
NG Kerksaal
13 Church St, Bredasdorp, 7280
Get Directions