WASSESHOW - Die Hoërskool DF Malan Revue 2024
Wed May 15, 18:30 - Fri May 17, 21:00
DF Aktiwiteitsentrum
ABOUT
Kara het ’n lieflike Desember-somervakansie saam met haar gesin in Hartenbos gehad. Hulle het langs ’n baie aangename, plattelandse boerseun – Werner – en sý gesin gekampeer. Kara en Werner het onmiddellik goed oor die weg gekom en die hele vakansie lank lekker saam gekuier… en ook… verlief geraak. Ongelukkig moes hulle groet toe die nuwe jaar aanbreek en sy terug Bellville toe moet gaan en hy Uniondale toe. Gaan hulle ’n langafstand-verhouding aan die gang kan hou? Of gaan hulle paaie skei?
||
Hierdie Revue bied vir die leeders van DF die geleentheid om hul sang-, dans- en/of toneelspel-talente te ontwikkel en ten toon te stel. Dit is ’n heelskool-produksie waar ons leerders die geleentheid kry om op of agter die verhoog deel te neem en vaardighede te ontwikkel.
Ons skool se geskiedenis is ryk aan “wasses.” Waar daar eens ’n swembad was, word vandag gedenk as Wassebad; waar daar eens ’n welige boom was, word gedenk as Wasseboom; waar daar eens opslaanklasse was, word nou gedenk as Wasseklas. Wassestoor, wassetrap... Vandaar die titel vir ons Revue – WASSESHOW!