No under 18s

Rustique Boutique Hotel & Spa Middelburg Neil Sandilands & Die Band 19 Julie 2024

Fri Jul 19, 18:00 - Fri Jul 19, 22:00

Rustique Boutique Hotel

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Rustique Boutique Hotel & Spa bied met trots aan Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Deure open 6PM. Spys & Drank te koop. Vertoning om 7.30PM. Vir navrae rig e-pos aan: [email protected] / [email protected] of

kontak: +27 13 813 1451 / +27 71 332 0426


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou Rustique, Middelburg die 19de Julie! Die rook gaan draa


Email: [email protected]

Linktree: https://linktr.ee/neilsandilands




DIRECTIONS

Rustique Boutique Hotel & Spa Middelburg Neil Sandilands & Die Band 19 Julie 2024
Rustique Boutique Hotel
Old Belfast Road (R104) , Rondebosch, Riverside Estate, 1050
Get Directions