No under 16s

Route 62 Oudtshoorn Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 31 Julie 2024

Wed Jul 31, 18:00 - Wed Jul 31, 22:00

Route 62

ABOUT

Die EMMY-benoemde akteur en SAMA-benoemde musikant, Neil Sandilands toer wéér die land plat met sy raakvat orkes Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen.


Route 62 bied met trots aan: Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand". Dit sal die tweede keer was wat Neil in Oudtshoorn kom speel en die eerste keer het ons almal onkant gevang, DIT WAS 'n BELEWENIS! Deure maak 6NM oop en die vertoning neem aanvang 7.30NM. Eet gerus ietsie voor die vertoning. Die kroeg is oop. Vir navrae rig e-pos aan : [email protected] 

of skakael: +27 44 203 5460


“Verlede jaar se toer, van die Kaap tot Limpopo, was een van die verrykendste ervarings van my loopbaan”, sê Sandilands. As jy al by een van die vertonings was, dan wéét jy. 


Dié veteraan akteur van onder meer internasionale televisiereekse soos Sweet ToothThe FlashThe 100, asook plaaslike reekse Die Groot NiksDesert Rose & Sewende Laan, het geen bekendstelling nodig nie. As ’n vermaaklikheidster is hy elektries. Dié wintertoer is selfs meer omvattend, ons reis 40 dae & 40 nagte en gaan heerlik met onse mense gesels, sommer Land & Sand, aldus die titel.


Die musiek kom uit Sandilands se bekende albums Sangoma Sandilands & Jou Pa se PosseAllegaarkie vir ’n AskeetDie Groot 5Die Groot Niks, asook nuwe werke wat nog nooit opgeneem is nie. “Dis die eerste keer wat ek splinternuwe liedjies sing voor dit op ’n album verskyn. Dis baie opwindend!”


Ons sien jou 31 Julie by ROUTE 62!!!! Die rook gaan draai!


Email: [email protected]

Linktree: https://linktr.ee/neilsandilands




DIRECTIONS

Route 62 Oudtshoorn Neil Sandilands & Die Band "Land & Sand" 31 Julie 2024
Route 62
44 Baron Van Reede St, Oudtshoorn, 6620, Oudtshoorn, 6625
Get Directions