Bosveld Jag/Wegbreek in die Waterberg (Herv. Kerk Onverwacht)

Mon May 13, 15:32 - Mon May 13, 16:22

Event is online

ABOUT

Hervormde Kerk Onverwacht bied aan:

Bosveld Jag/Wegbreek in die Waterberge!

Hervormde Kerk Onverwacht in Ellisras is aan die rand van die uitgestrekte Bosveld geleë – ’n Jagtersparadys en vleiswêreld soos min. Ons bied aan jagters oor die hele Suid-Afrika die moontlike geleentheid om in die wêreld met die wye horisonne te kom jag en van ons heerlike Bosveld-vleis of ’n wegbreek naweek vir 5 mense te wen. Ons is ’n gemeente wat aktief in die gemeenskap werk en poog om vir alle mense ’n geestelike tuiste te bied.


Vir SLEGS R100 kan jy ‘n gelukkige WENNER wees!

Kies jou prys! Maak jou keuse uit opsie 1 - 8 volgens trekking!


Opsie 1: Koedoebul, 2 rooibokooie

Opsie 2: Elandkoei, 1 rooibokooi, 2 vlakvarke

Opsie 3: Elandkoei, 1 rooibokooi, 1 vlakvark

Opsie 4: Koedoekoei, 1 rooibokooi, 1 vlakvark

Opsie 5: Waterbokkoei, 1 rooibokooi, 1 vlakvark

Opsie 6: Blouwildebees koei, 1 roobokooi, 1 vlakvark

Opsie 7: Bosveldwegbreek Vrydag tot Sondag vir 5 persone

Opsie 8: Bosveldwegbreek Vrydag tot Sondag vir 5 persone


Jagpakkette sluit in selfsorgeenheid vir 4 persone, slaggeriewe en skoonmaakdienste. Jag sal plaasvind tydens Julie-/Augustusjagseisoen 2019. Besoek webwerf vir foto’s.


Bosveldwegbreek sluit in selfsorgeenheid en skoonmaakdienste vir 3 dae asook 4 x 4-roetes, bergfietsroetes, wildbesigtiging. Besoek webwerf vir foto’s


http://www.ct-safaris.com/south-african-biltong-hunts