Kêrels by Kerslig

Fri Dec 7, 19:00 - Fri Dec 7, 22:00

Linton Park

ABOUT

Kom sluit die jaar af met 'n feestelike Piekniekstyl kerskonsert vir die hele gesin aangebied deur die Old Mutual Insure Wellington Wynroete by Linton Park Wynlandgoed.


Bring 'n kampstoel, kers en piekniekmandjie, en geniet die aand in die pragtige Wellington.


Hekke open om 18h00.


Vir die wat nie lus is om n mandjie te pak nie kan ‘n heerlike mandjie by Linton Park bestel teen R260 per mandjie, genoeg vir 2 persone. Plaas asb bestellings vooraf deur ons te kontak by 021 873 1625 of [email protected]


Kaartjies is beskikbaar by die Wellington Toerisme Kantoor (Kerkstraat) of aanlyn www.quicket.co.za teen R120 pp (Skoolkinders:R50, gratis vir kinders onder 7).

Kindervermaak met n oppasser laat die ouers toe om die aand onspanne te geniet.


Kaartjies sluit ‘n heerlike glas wyn uit Wellington Streek in en 'n donasie aan StreetSmart.


Speel ook self kersvader. Bring 'n donasie vir die 4-voetvriende of ou klere en speelgoed. Langlewe kos is ook welkom. Hierdie geskenke kan by die Linton Park Kersboom gepak word op aankoms.

DIRECTIONS

Kêrels by Kerslig
Linton Park
Get Directions