Caledon Canola Run 2019

Sat Sep 7, 07:00 - Sat Sep 7, 16:00

Overberg Agri Implemente

ABOUT

CALEDON CANOLA RUN

7 September 2019

 

Dit is jaarliks 'n wonderlike geleentheid wat deur motorfietsryers van heinde en verre kom geniet word.

Ryers kry die geleentheid om die pragtige natuurskoon van die Overberg te kom geniet, om op

andersins ontoeganklike privaat grondpaaie te kom ry en om die Overbergse gasvryheid te geniet.

Dit is belangrik om daarop te let dat dit nie 'n resies is nie, maar wel 'n pretrit vir dubbeldoel-motorfietse.

Alle fondse wat ingesamel word deur die organiseerders, word weer net so in die

gemeenskap aan verdienstelike gevalle en projekte teruggeploeg.


 Registrasie vind plaas vanaf 7h30 tot 8h30 by die Implemente Afdeling van Overberg Agri op Caledon.

Vir navrae, kontak [email protected]

of facebook Caledon Canola Run

 

DIRECTIONS

Caledon Canola Run 2019
Overberg Agri Implemente
Field Way, Caledon, 7230
Get Directions