Vivox Voices Paastafel

Tue Apr 30, 18:30 - Tue Apr 30, 20:30

Eureka Estate

ABOUT

Vivox Voices is 'n opkomende acapella groep wat bestaan uit jongwerkendes in en om die Durbanville omgewing o.l.v Maria Rademan-Viviers. Verlede jaar het hulle eerste kerskonsert meer as 200 mense gelok!


Hulle skop 2019 af met 'n konsert by die asemrowende Eureka Estate. Die aand beloof musiek, geïnspireer deur die paasverhaal en langtafels waar ons brood breek en wyn drink, saam, as 'n gemeenskap.


Kom beleef dié besondere tyd op 'n vernuwe wyse!


Kaartjies kos R185-00 en sluit kos, iets te drink en die konsert in.


DIRECTIONS

Vivox Voices Paastafel
Eureka Estate
Hooggelegen Rd, Durbanville, Cape Town, 7551
Get Directions