'n Vriendelike herinnering, dat die tyd,om jou kaartjie na die Griekse dans aan te koop, nou is!

LICHIES OMGEE GRIEKSE DANS

Sat Jul 27, 18:00 - Sat Jul 27, 23:59

Hoërskool Lichtenburg, Leon Bantjesaal

ABOUT

Lichies Omgee se Engelse pubdans, Toskaanse kuier onder wingerde en die Meksikaanse dans met pinjatas en sombreros, het ons laat dans tot ounag toe.


In 2019 maak ons weer so, maar hierdie keer

is die opskop in Griekse styl. Jy word vriendelik uitgenooi na 'n Griekse dans ten bate van Lichies Omgee. Kom geniet 'n aand met Griekse kos, Griekse musiek, borde breek en dans!


Daar sal 'n kontantkroeg beskikbaar wees.

Borde, wat op eg Griekse gebruik en op maat van Griekse musiek gebreek kan word, word ook te koop aangebied.


Aangesien hierdie dans ’n fondsinsamelingsfunksie is, word julle vriendelik versoek om geen koelsakke, drank of koeldrank saam te bring nie.


Lichies Omgee gee jou omgee-hart vlerke ,want die fondse wat geïn word, gaan aangewend word om vir ons omgee-gesinne kospakkies aan te koop!

DIRECTIONS

LICHIES OMGEE GRIEKSE DANS
Hoërskool Lichtenburg, Leon Bantjesaal
3 Bree St, Retiefs Park, Lichtenburg, 2740
Get Directions