Gr 12 Fisiese Wetenskappe - Die Wet van Behoud van Liniêre Momentum: Toepassing van die wet in berekenings.

Mon May 27, 19:00 - Mon May 27, 20:00

Event is online

ABOUT

Brainline Cyberclasses / Breinlyn Kuberklasse

 

Breinlyn Kuberklasse dek oor die algemeen die kerninhoud van ‘n vak se kurrikulum en fokus op die noodsaaklike maar uitdagende kennisareas en die belangrike toepassing daarvan. Leerders wat die CAPS- of IEB-kurrikulums volg, kan van die unieke Breinlyn Kuberklasse gebruik maak wat aangebied word via 'n virtuele internetgebaseerde platform. Dit stel ons vakkundiges in staat om in regte tyd met leerders te kommunikeer en sodoende hul begrip van vakke te verbeter en hulle te help om hulself vir die veeleisende assesserings voor te berei.

 

 

Karen Reynecke is die Akademiese Hoof by Breinlyn Leerwêreld en bring meer as 30 jaar se onderrigervaring in Fisiese Wetenskappe op graad 12-vlak na die klaskamer. Sy is ‘n ten volle gekwalifiseerde SARO-geregistreerde onderwyseres, haar kwalifikasies behels ‘n BSc (UP) en HOD (Nagraads) (UNISA) en sy is ‘n medeskrywer van vele DBO-goedgekeurde Fisiese Wetenskappe-handboeke vir graad 10–12.

 


Breinlyn Kuberklasse Bepalings en Voorwaardes

 

  1. Breinlyn hanteer alle persoonlike inligting as konfidensieel. Besoek asseblief https://www.brainline.com/about-us/legal/ om ons privaatheidsbeleid te raadpleeg.
  2. Alle Breinlyn Kuberklasse en breinNOTAS is die eiendom van Brainline Learning World (Edms.) Bpk.
  3. Reg van toegang word voorbehou en een kaartjie word per bywoner vereis. Groepsbywoning vereis dus bespreking en betaling vir elke lid van die groep.
  4. Geen Breinlyn Kuberklasse mag opgeneem word nie, behalwe deur Brainline Learning Word (Edms.) Bpk.
  5. Terwyl ‘n Breinlyn Kuberklas bygewoon word, sal belastering, vloekery, disrespek teenoor ander of aanstootlike taal van enige aard nie geduld word nie. Indien enige bywoner hom-/haarself van sulke gedrag skuldig maak, sal hy/sy dadelik uit die virtuele klaskamer verwyder word en geen korrespondensie sal aangegaan word nie.
  6. Gedurende ‘n Breinlyn Kuberklas sal die mikrofone en kameras van alle bywoners afgeskakel wees, behalwe die van die aanbieder.
  7. Gedurende ‘n Breinlyn Kuberklas sal alle bywoners se vrae slegs via die toepassing se geselsfunksie gevra word en moet verband hou met die inhoud van die klas. Versuim om dit te doen sal lei tot onmiddellike verwydering uit die klaskamer.
  8. ‘n Breinlyn Kuberklas sal stiptelik vyf minute na die aangewese tyd begin (tensy tegniese moeilikhede voorkom). Die aanbieder sal nie vir afwesige bywoners wag nie. Die eerste vyf minute van die aangewese tydgleuf sal vir tegniese voorbereiding gebruik word.
  9. Bywoners moet dieselfde e-posadres gebruik om by die Kuberklas in te teken as wat hulle gebruik het om die kaartjie mee te koop.
  10. Die bywoner se kaartjie-identiteitsnommer moet as die deelnemernaam (“participant name”) gebruik word gedurende die Breinlyn Kuberklas.
  11. Bywoning vereis ongeveer 750 MB tot 1 GB data en ‘n gratis Zoom-rekening vir elke klas.
  12. Breinlyn Kuberklas-groottes is beperk tot 90 bywoners.
  13. Geen terugbetalings sal gedoen word nie (behalwe in sulke gevalle waar die klas nie aangebied kon word nie weens onvoorsiene omstandighede). Ongelukkig kan die kwaliteit van bywoners se internetverbintenis of databeperkings nie gebruik word as ‘n rede vir ‘n terugbetaling nie.