ATKV-Tienertoneelfinaal 2019

Mon Sep 23, 18:00 - Fri Sep 27, 18:00

Adam Small-teater

ABOUT

'n Fees van talent. 'n Fees van tieners. 'n Fees van teater!

Tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal sal 18 produksies van dwarsoor Suid-Afrika meeding om as die algehele wenner van dié teaterkompetisie aangewys te word.


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is al vir 55 jaar ’n platform vir talent- en teaterontwikkeling.

Duisende tieners leef jaarliks hul liefde vir die teater uit op die verhoë van ons land se beste teaters.

Die ATKV bied hoërskoolleerders die geleentheid om betrokke te raak by alle aspekte van teater, soos toneelspel, regie, skryf van tekste, kostuums, grimering, dekor, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie, ensomeer. ’n Ware smeltkroes van kreatiwiteit! 2019 is ons grootste jaar nóg. 11 streeksfeeste in Suid-Afrika en een in Namibië. 220 tienertoneelproduksies het ingeskryf.


Die wenproduksie van ATKV-Tienertoneel ontvang R30 000 prysgeld, die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee en ’n speelvak tydens KKNK 2020. Die produksie in die tweede plek ontvang R20 000 en in die derde plek ontvang R10 000. Die beste produksie deur slegs leerders ontvang ook R10 000 prysgeld.


Maandag 23 September:

Hoërskool Stellenbosch - Donkievel

Afrikaanse Hoër Seunskool - Aksie!

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje - tyd.saam

Helpmekaar Kollege - Forte F:Har(t)d

Bernadino Heights High Shool - Hoekpark


Dinsdag 24 September:

Hoërskool Parel Vallei - V(LUG)

Die Hoërskool Menlopark - BRO(O)S

Hoërskool Zwartkop - Vrinne

Hoërskool Noordheuwel - 'n Brug na die sterre

Hoërskool Tygerberg - In die duister en deurmekaar


Woensdag 25 September:

Hoërskool Hugenote - Skryf

Hoërskool Florida - Patriarchy

Hoërskool Noordheuwel - Waterbrief

Hoërskool Tygerberg - Die Meisie met Môre in haar oë

Hoërskool Eldoraigne - Lentelus


Donderdag 26 September:

*Produksies deur slegs leerders

Hoërskool Parel Vallei - Bruwelik

Hoër Meisieskool Bloemhof - Uhm ...

Hoërskool Zwartkop - Sonder


Vrydag 27 September:

Top 5 produksies!

DIRECTIONS

ATKV-Tienertoneelfinaal 2019
Adam Small-teater
15 Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600
Get Directions