FREE OPTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2020- Reitz

Mon Mar 16, 07:00 - Tue Mar 17, 14:00

Reitz-skouterrein

ABOUT

LAAT DIE NATUUR VIR JOU GELD MAAK | LET NATURE EARN YOU MONEY


HOOP VIR LANDBOU | HOPE FOR AGRICULTURE


’n Landbouweekblad-konferensie met die trotse samewerking van Graan SA en die Riemland-studiegroep. | A Landbouweekblad conference in collaboration with Grain SA and the Riemland Study Group.


(The event details and programme is available in English on request.)


Herlewingslandbou is boere se kostedoeltreffende wapen teen stygende insetkoste en klimaatsverandering, deur natuurlike prosesse weer optimaal te laat funskioneer. Landbouweekblad, Graan SA en die Riemland-studiegroep bring vanjaar weer wêreldbekende sprekers, plaaslike kenners en suksesvolle Suid-Afrikaanse boere (wat reeds hulle skoolgeld betaal het) byeen vir ’n Suid-Afrikaanse konferensie oor herlewingslandbou, om só hoop te bring vir honderde boere wat in ’n onverbiddelike kosteknyptang vasgevang is.


DATUM EN PLEK

Maandag 16 en Dinsdag 17 Maart 2020

Reitz-skouterrein, Sarel Cilliersstraat/R57, Reitz.


KOSTE EN KAARTJIES

·     R1 990 per persoon vir albei dae.

·     Bespreek vroeg en betaal R1 850!

·     BTW, etes, verversings en ’n plaasbesoek (veldproewe) ingesluit.

·     Kaartjieverkope sluit op 1 Maart 2020.

·     Geen kaartjies is by die hekke te koop nie.

·     Geen toegang sonder bewys van die Quicket-kaartjie nie. Alle kaartjies word by die hek geskandeer.


HOOGTEPUNTE

·     ’n Boerepaneel met van Suid-Afrika se beste boere gaan hul verskillende perspektiewe, lesse, uitdagings en suksesse deel.

·     Plaasbesoek – gaan kyk na praktiese veldproewe van die vernuwende Riemland-studiegroep.

·     Uitstallings van verskeie diens- en produkverskaffers.


INTERNASIONALE SPREKERS

Dr. Jonathan Lundgren, ’n entomoloog en landbou-ekoloog, word beskou as een van Amerika se voorste landbouwetenskaplikes. Hy het in 2011 ’n eerbewys ontvang van oudpres. Barack Obama. Hy het 11 jaar lank as ’n landbouwetenskaplike vir Amerika se landbounavorsingdienste gewerk voordat hy die Blue Dasher Farm- navorsings-en-opleidingsinstituut gestig het. Sy navorsing is toegespits op die vestiging en behoud van gesonde biologiese gemeenskappe binne landboustelsels deur versteuring te verminder en diversiteit binne veral saaigebiede uit te bou. Hy gaan praat oor biodiver siteit en hoe dit plase kan laat herleef.


Dr. Kris Nichols word beskou as ’n wêreldleier in die beweging om landbougrond te laat herleef om gesonder kos te produseer. As grondmikrobioloog met 25 jaar ondervinding, lê sy klem op die bou van gesonde grond en die ontwikkeling van landboupraktyke wat minder sintetiese insette nodig het en erosie en kweekhuisgasse verminder. Sy was hoofwetenskaplike by die gesiene Rodale-instituut en ’n leidende navorser by die Amerikaanse departement van landbou. Sy gaan praat oor die belangrike funksie van grondmikrobes in herlewingslandbou en hoe dit bydra tot gesonde grond, plante en mense.


Dale Strickler was eens op ’n tyd erg skepties oor die waarde van bewaringsbewerking, maar deesdae pas hy nie net bewaringsbewerking toe op sy plaas in die Amerikaanse deelstaat Kansas nie, maar ook ultrahoëdigtheidsbeweiding. In sy rol as nasionale tegniese bestuurder vir Green Cover Seed, die voorste dekgewasmaatskappy in Amerika, werk hy nou saam met boere om herlewingslandbou op plase te vestig. Sy boek, The Drought Resilient Farm, is ’n samevatting van die lesse wat hy oor die jare geleer het oor hoe herlewingslandbou boere se veerkragtigheid merkwaardig kan verbeter.


VERBLYF OP REITZ

Kontak Danie van Aswegen by [email protected] (e-pos) of 082 534 8372 (sel).


TAAL

’n Professionele tolkdiens in Afrikaans en Engels gaan beskikbaar wees.


PROGRAM

Die volledige program is by dié skakel beskikbaar: 

https://www.netwerk24.com/landbou/Bedrywe/Bewaringsboerdery/2020-herlewingslandbou-konferensie-op-reitz-20200120


DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2020- Reitz
Reitz-skouterrein
Sarel Cilliers St, Reitz, 9810, South Africa
Get Directions